MOSBESKUIT MET GEWONE GIS
- Meng die droë bestanddele saam en hou eenkant:
- 2,5 kg koekmeel
- 3 pakkies Gold Star gis
- 1 ½ koppies suiker
- 1 eetlepel sout
- ½ pakkie anys
- Meng die volgende saam:
- 500 g bak margarien, gesmelt in groot beker
- Voeg dan by:
- 4 eiers
- 1 blik kondensmelk
Meng goed met draadklitser en vul op tot 2 liter met redelike warm water.
Meng die droë- en natbestanddele saam in ‘n knieskottel en knie goed.
Verhit oond op 100°C en sit die oond dan heeltemal af, plaas die deeg in die warm oond om te rys.
Laat rys vir ongeveer 1 ½ na 2 ure – smeer lagie margarien oor.
Nota
Deeg moet lekker lewendig wees en ten minste verdubbel in die bak.
As oond te koud is tussendeur, sit net liggies weer aan en af sodat dit deeg nie bak in skottel, maar dit moet ook nie koud kry.
wanneer deeg verdubbel het, knie weer af en maak bolle.
Verhit oond weer 100°C en draai af. Laat rys weer vir ongeveer 1 uur in die oond tot panne vol gerys is.
Los in die oond.
Stel oond op 110°C en bak vir 10 min, draai dan op na 140°C vir ongeveer uur. Toets of beskuit gaar is.
Haal die beskuit uit en laat effens afkoel. Breek dadelik sodat die mosbeskuit “drade” kan vorm.
Droog uit soos verkies.
Resep geplaas en foto: Mariana Cassie Carosini
Ek soek al lankal die resep… Baie dankie