MOS SUURDEEG
- 500 g rosyne (moet goeie gehalte wees)
- 6 koppies lou water
- 7½ g kitsgis
- 4 koppies broodmeel
Druk die rosyne fyn en kook vir 10 minute in die water.
Laat afkoel tot louwarm en voeg die gis by, roer goed en laat staan ‘n rukkie sodat die gis kan oplos.
Syg die mengsel deur ‘n doek en roer die meel by die giswater. Gooi die rosyne weg.
Laat staan om te rys vir 3 tot 4 ure. Hier sal jy sien of jou suurdeeg “lewendig” is.
Nou is jou suurdeeg reg om te gebruik in enige resep.
Resep: James Gillespie-Blaauw