Your Recipe Blog

MORGAN SE PYNAPPELVLAKOEK

Recipe by
Cook: 45 minute

MORGAN SE PYNAPPELVLAKOEK

Ek vermoed hierdie resep is eintlik vir twee koeke (aangesien dit vir ‘n tuisnywerheid gebak is jare gelede) want ek maak dit in 3 panne en dis baie hoog.  Met liefde via my ma Marie vir julle Tannie Morgan se koek.
hierdie is ‘n wit spons koek, wat ‘n dik pynappel/vla tipe vulsel met styf geklopte roomlaag het, en dan versier word met ‘n (ganache styl) sjokolade sous wat bo-oor gegooi word.

  • 2¼ koppies koekmeel, gesif
  • 1½ koppies suiker
  • 3 teelepels bakpoeier
  • 1 teelepel sout
  • ½ koppie olie (Ek gebruik sonneblom)
  • 5 eiergele
  • ¾ koppie water
  • 5 ml vanilje geursel
  • 5 eierwitte styf geklop met ½ teelepel kremetart
  • Pynappel vla:
  • 1 blik pynappel stukke (325 g) (Ek kan net die een in sap kry – moenie sap weggooi nie)
  • pynappel sap en water om 1 koppie te vul
  • 1¼ koppies suiker
  • 4 opgehoopte eetlepels vlapoeier
  • 1 eier
  • 5 ml vanilla geursel
  • Sjokolade ‘stroopsous’ of ganache:
  • versiersuiker (Ek het ongelukkig hier nie mates nie -jy het ongeveer 200 ml stroop nodig)
  • kakao
  • warm water
  • Ek verander hier die resep en gebruik 1 (200 g) slab melk sjokolade in klein stukkies gebreek wat in 200 ml warm room gesmelt word oor lae hitte – want dit lewer ‘n mooi blink ganache in stede van die sjokolade stroop/sous)
  • Ekstra:
  • 300 ml ‘whipping cream’

Sif droë bestanddele saam. Meng nat bestanddele (saam geklits) by droë bestanddele en meng goed saam. Vou styfgeklitste eierwitte by beslag in.
Verdeel in gesmeerde panne. Bak by 180º C vir ongeveer 45 minute of tot toetspen skoon uitkom. Laat afkoel tot koud.
Kook die suiker, pynappelstukke en koppie sap/water saam tot blink en stroperig in ‘n kastrol.
Laat afkoel tot louerig. Meng vlapoeier, vanilla en eier met bietjie water en voeg by pynappelmengsel en bring weer tot stadige kook – tot baie dik en gaar. Laat heeltemal koud word. Klop een houertjie (300 ml) ‘whipping cream’ tot styf.
Nou vir die bou:
Een laag koek, smeer pynappelvla lekker dik, dan styfgeklitste room bo-op.
Nog ‘n laag koek, dan louwarm ganache bo oor. (Dis nou as jy net twee lae maak – myne is drie lae so Ek herhaal die koek, vlamengsel en room voor ek die derde laag doen). Soos in die foto.

Foto: Suzette Beetge Pretorius
Resep vir ons geplaas deur Suzette Beetge Pretorius

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page