Your Recipe Blog

MOOISTE PAMPOEN-AFVAL

Cook: 1.45 uur

MOOISTE PAMPOEN-AFVAL

So dreig ek al vir weke om vir myself afval te kook. Maar ek het lank laas my eie kombuis gebruik. Stap so ewe na die buurvrou toe en vra vir ‘n ui en twee aartappels, maar ek het afval en ek het pampoen.

  • 1 skaap afval (ek gaan jou nie herinner dat dit skoon moet wees nie, as jy tot hier op vuil afval oorleef het, is jy fine)
  • 500 ml water of genoeg om die afval in die stoompot te bedek
  • ½ koppie witasyn
  • 1 ui, in groot stukke opgekerf
  • 1 eetlepel knoffel
  • 2 eetlepels matige kerriepoeier
  • 1 teelepel borrie
  • 1 teelepel fyngemaalde naeltjies
  • ½ teelepel fyn komyn
  • 1 blikkie tamaties (of puree / tamatiesous, niemand gaan jou keer nie)
  • 2 medium aartappels
  • 500 g pampoen

In ‘n drukkoker, bedek die afval met water en voeg die asyn by.
Stoom dit vir 45 minute, verwyder van die hitte en laat die stoom natuurlik ontsnap vanuit die pot.
Intussen, braai die uie en knoffel oor matige hitte in ‘n aparte pan.
Voeg die kerrie, borrie, naeltjies en komyn by en braai dit vir so twee of drie minute.
Voeg die uie-, knoffel- en kerriemengsel by die afval, saam met die tamaties, die aartappels en die pampoen en stoom weer vir nog 60 minute.
As jy van heel groente hou, moet dit nie saam met die tamaties en kerrie byvoeg nie, wag so 30 minute voor jy die groente byvoeg.
Pas die finale smaak aan met sout en peper.
Indien dit te soet is, voeg bietjie asyn by, indien dit te suur is, voeg bietjie appelkooskonfyt by vir balans.

Resep en foto: Zita Harber

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page