MOKKABLOKKIES
“Mokkablokkies…’n ou resep uit Wenresepte, net so effens aangepas vir ‘n spesiale verjaarsdag vandag.”
- Koek:
- 300 ml suiker
- 2 eiers
- 450 ml koekmeel
- 15 ml bakpoeier
- knippie sout
- 150 ml melk
- 175 ml botter, gesmelt
- 25 ml kakao
- 5 ml vanilla geursel
- Versiersel:
- 350 ml versiersuiker
- 100 ml gesmelte botter
- 100 ml sterk swart koffie
- 125 ml kakao
- 5 ml vanilla geursel
- 200 ml klapper
Voer ‘n oondbak (50 x 30 cm) uit met bakpapier, en spuit die bakpapier met ‘n kossproei.
Verhit die oond tot 190 ºC.
Klits die eiers en suiker tot lig.
Sif die meel, bakpoeier, sout en kakao saam en meng dit om die beurt met die gesmelte botter, melk en vanilla met die eiermengsel.
Skep die mengsel in die voorbereide oondbak en bak dit vir 30 – 35 minute tot deurgaar.
Meng die versiersel bestanddele saam tot glad en smeer dit oor die koek sodra dit uit die oond uit kom.
Sprinkel die klapper bo-oor en laat heeltemal afkoel.
Sny die koek in blokke en bedien.
Resep en foto: Ilze Jacobs