MOKKA KAASKOEK
- 200 g Romany Creams sjokolade koekies
- 100 g Tennisbeskuitjies
- 100 g botter/margarien, gesmelt
- 3 teelepels gelatien
- ¼ koppie kookwater
- 1 eetlepel kitskoffie (Nescafé)
- 375 g gewone roomkaas
- ½ koppie strooisuiker
- 300 ml room
- 180 g donker sjokolade
Spuit ‘n 20 cm losboom pan met Spray and Cook.
Plaas die beskuitjies in ‘n voedselverwerker en maak lekker fyn, sit in mengbak en meng met die gesmelte botter.
Druk vas teen die kante en onder in die pan en plaas in die yskas vir ongeveer 20min.
Meng die gelatien en koffie met die kookwater, roer om optelos en laat staan om af te koel… dit moet heel afgekoel wees voor jy dit kan gebruik.
Klits die room styf en voeg dan die strooisuiker geleidelik by.
Sit die roomkaas in jou elektriese klitser en klits dit tot lekker glad, sit die roommengsel daar by en klits net tot gemeng. (nie te veel nie)
Skink nou die afgekoelde koffie mengsel stadig by terwyl die menger die hele tyd loop, meng tot goed gemeng.
Smelt die sjokolade oor kookwater of in die mikrogolf op half krag.
Neem nou die kors, skep die helfte van die room mengsel daarin, skep die helfte van die sjokolade oor die mengsel en “marble” die twee mengsels met ‘n mes (sny die twee mengsels mooi in mekaar in)
Herhaal die lae, en “marble” weer die bo-laag ook.
Plaas in die yskas tot heeltemal gestol, ek sal sê oornag is die beste.
Wanneer gestol, haal dit versigtig uit die pan, neem ‘n slap mes en maak ook die koek los van die onderbord, sit op ‘n opdien bord en GENIET.
RYK EN LEKKER!!!
Resep getoets en foto: Rina Kleinhans