MOERBEISTROOP
“Dit is moerbei tyd, en die oumens het stroop gekook; konfyt is nou uit en niemand eet meer konfyt by my nie.”
- 10 koppies moerbeie, afgewas
- 6 koppies suiker
- 8 koppies water
- 15 g elk van Engelse sout en sitroensuur
Kook die moerbeie, Engelse sout en sitroensuur saam met suiker en water tot moerbeie sag is. Ek het dit so 10 min gekook.
Druk die kooksel deur ‘n sif met ‘n houtlepel totdat al die sap uitgedruk is.
Ek het die stroop in glashouers geplaas en in die yskas gestoor.
Nota:
Dit word gebruik vir koeldrank (verdun met water), roomys en gladdejantjies.
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk