“MOENIE ROER NIE” POEDING
Die Amerikaners noem dit cobbler. Dit lyk eienaardig, maar sjoe ongelooflik lekker!
- 6 eetlepels botter
- 1 koppie bruismeel
- ¾ koppie suiker
- 1 teelepel vanilla geursel
- ½ koppie melk
- 1 ½ eetlepel kakao
- Sous:
- 1 koppie suiker
- ¼ koppie kakao
- 1 ½ koppie kookwater
Smelt botter in ‘n oondbak teen 180ºC.
Meng bruismeel, suiker, vanilla, melk en kakao in ‘n klein bakkie. Giet oor gesmelte botter, maar moet nie roer nie!
Meng suiker en kakao van sous en strooi oor die mengsel, maar moet nie roer nie!
Giet kookwater oor die mengsel, maar moet nie roer nie!
Bak teen 180°C vir 30 minute. Laat afkoel en bedien saam met roomys.
Nota:
½ koppie pekanneute kan by die beslag gevoeg word.
Redelik soet maar so lekker. Ek het nie bruismeel gehad nie, so ek het ½ teelepel bakpoeier en ¼ teelepel sout bygevoeg.
Resep en foto: Stephanie Kohrs Ferreira