Your Recipe Blog

“MOENIE ROER NIE” POEDING

Recipe by
Cook: 30 minute

“MOENIE ROER NIE” POEDING

Resep en foto: Stephanie Kohrs Ferreira
Die Amerikaners noem dit cobbler. Dit lyk eienaardig, maar sjoe ongelooflik lekker!

  • 6 eetlepels botter
  • 1 koppie bruismeel
  • ¾ koppie suiker
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • ½ koppie melk
  • 1 ½ eetlepel kakao
  • Sous:
  • 1 koppie suiker
  • ¼ koppie kakao
  • 1 ½ koppie kookwater
  • Smelt botter in ‘n oondbak teen 180ºC.
  • Meng bruismeel, suiker, vanilla, melk en kakao in ‘n klein bakkie. Giet oor gesmelte botter, maar moet nie roer nie!
  • Meng suiker en kakao van sous en strooi oor die mengsel, maar moet nie roer nie!
  • Giet kookwater oor die mengsel, maar moet nie roer nie!
  • Bak teen 180°C vir 30 minute. Laat afkoel en bedien saam met roomys.
  • Nota:
  • ½ koppie pekanneute kan by die beslag gevoeg word.
  • Redelik soet maar so lekker. Ek het nie bruismeel gehad nie, so ek het ½ teelepel bakpoeier en ¼ teelepel sout bygevoeg.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page