MOEITELOSE MOUSSE DOPPIES
Hierdie naweek was ons saam met vriende weg, en die geriewe was maar baie beperk, toe maak ek ‘n plan vir nagereg. Dit was heerlik en net genoeg en soet genoeg, dit is regtig ‘n maklike manier van nagereg maak vir baie mense.
- Hoeveelhede na gelang van die aantal mense waarvoor jy voorberei:
- pakkie gekoopte mousse poeier
- melk om aan te maak soos op verpakking van die mousse
- gekoopte klein tertdoppies
- Ferrero Rocher sjokolade
- fyn gekapte neute vir oor sprinkel
Ek het ‘n pakkie van die 2 kleur sjokolade mousse gekoop en dit aangemaak met die melk en laat stol.
So rukkie voor ons geëet het, het ek die mousse in ‘n spuitsakkie gesit, so bietjie mousse onder in die doppie gespuit, die sjokolade bolletjie opgesit en die bolletjie toe gespuit met die res van die mousse.
As mens wil kan jy fyn gekapte neute op sprinkel, maar dit werk regtig lekker vir ‘n ligte nagereg.
Mens kan ook die twee kleure mousse apart spuit as jy verkies. Probeer gerus.
Foto en idee: Rina Kleinhans