Your Recipe Blog

MOEDER SE INGELEGDE KERRIEVIS

Avatar photo
Recipe by
3-5 days

MOEDER SE INGELEGDE KERRIEVIS

  • 1 snoek, in stukke gesny – of vis van jou keuse
  • 4 groot uie, sny in ringe
  • 500 ml (2 koppies) asyn
  • 250 ml (1 koppie) water
  • ¾ koppie suiker
  • 1 eetlepel borrie
  • 2 eetlepels kerrie
  • bietjie sout na smaak
  • 1 eetlepels swartpeper korrels
  • 3 – 4 lourier blare
  • Maizena, om sous bietjie dik te maak

Bak vis tot gaar in bietjie olie.
Prut gesnyde uie 10 – 12 minute in asyn en water.
Meng suiker, borrie, kerrie, sout, peperkorrels en lourierblare en voeg by asynmengsel en kook deur.
Meng Maizena met bietjie water en voeg by asynmengsel, kook tot gaar en dik.
Pak vis laag in ‘n bak, dan uiemengsel laag, herhaal lae en eindig met uiemengsel laag.
Plaas in yskas wanneer die vis koud is en eet na 3 – 5 dae.

Resep: Marie Dumas Jennings se Mamma se resep
Foto: Gideon Louw
Ek’t net die sout in die resep uitgelos en my snoek vooraf met ‘n laag dik growwe sout bestrooi en vir ‘n uur lank gelos en dit toe in stukkies gesny. Die sout maak die snoek ook lekker ferm en hanteer ook makliker

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page