Your Recipe Blog

MINI CHAFFLES (WAFELS)

MINI CHAFFLES (WAFELS)

Ek het 2 chaffle pannetjies en maak hierdie lekker chaffles in plaas van brood. Onthou net dit sal nooit soos regte brood smaak nie, maar is ‘n goeie plaasvervanger. Dis goed as mens probeer sny op gluten.

(8 eiers) 1 eier, geklits
(8 eetlepels) 1 eetlepel amandelmeel
(8 eetlepels) 1 eetlepel mayonnaise
(1 teelepel) ⅛ teelepel bakpoeier
(8 teelepels) 1 teelepel warm water

Meng die amandelmeel en bakpoeier by die geklitste eier.
Meng die mayonnaise en warm water en voeg dit by die meelmengsel en roer goed deur. (kan knippie sout byvoeg).
Maak die chaffle pannetjie warm en spuit met kleefwerende kossproei.
Skep ongeveer ‘n ¼ koppie beslag in die pannetjie en maak die deksel toe.
Kyk na 5 min of dit mooi bruin is, verwyder die chaffle uit die pannetjie en laat dit afkoel op ‘n rakkie.
Maak dan die volgende chaffle.

Nota:
Vermeerder die resep 8 keer (hoeveelhede in hakies) dan kry jy ongeveer 15 – 17 chaffles.
Hou die helfte van die chaffles in die yskas en res in die vrieskas.
Die chaffles vries baie goed en kan in die “toaster” opgewarm word, hou net dop, dis baie dun.
Maak toebroodjies daarvan met lekker vulsels of met ‘n eier op vir ontbyt of lekker avo, nes gewone brood. Wanneer ek dit bak, strooi ek ‘n bietjie gerasperde kaas in die pannetjie voor ek die beslag inskep en dan weer bietjie kaas bo-op die beslag voor ek die pannetjie toemaak.
Jy kan ook bietjie knoffel of fyn pietersie byvoeg vir ‘n ander smaak.

Resep getoets en foto: Stien Rust

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page