MINI BROOD PIZZA
Heerlike peusel happies gemaak vir saam kuier. Ek noem dit sommer mini pizza. Jy maak soveel sirkels soos jy wil, ek maak so 20 op ‘n slag.
- Hoeveelhede na smaak:
- Wit brood
- snye salami
- tamatiesous
- Worcestersous
- gerasperde kaas
Druk sirkels uit brood – ongeveer 50 mm.
Smeer een kant met botter, braai in pan op stoof tot onderkant lekker bruin is.
Haal uit pan en op die kant wat nie gebraai is nie, sit 1 sny salami op.
Meng 2 eetlepels elk tamatiesous en Worcestersous, smeer oor salami.
Strooi gerasperde kaas oor en bak in oond tot kaas gesmelt is, by 180ºC.
Idee en foto: Irene En Jacques Spangenberg