MINETTE SE ‘PULLED PORK’ PASTA
‘Pulled pork’ is seker een van my gunsteling dinge om te eet. Ek het so paar weke terug ‘pulled pork’ gemaak en daarvan gevries. Ek het hierdie ideë gekry by Panarotti’s. Hulle het ‘n soort gelyke pasta waaroor ek mal is. YUM! Aldus Minette.
- ½ pak spaghetti
- 1 groot rooiui, gekap
- ½-1 pak 250g knopie sampioene, na smaak
- 300-500 g beenlose varkvleis, ontvries of saggekook volgens jou voorkeurmetode
- Witsous:
- 4 eetlepels botter
- 4 eetlepels meel
- 500 ml melk
Indien jy gevriesde ‘pulled pork’ het, ontvries die hoeveelheid wat jy benodig – of kook tot gaar volgens jou metode van voorkeur.
Kook spaghetti volgens aanwysings op verpakking.
Braai rooiui en sampioene saam tot goudbruin.
Bewerk die vark met twee vurke om ‘pulled pork’ te vorm, of volgens jou eie metode.
Maak ‘n witsous van die sous bestanddele. Gooi alles saam en sit voor saam met ‘n groenslaai.
Resep en foto: Minette Mirie van der Westhuizen.