MILO KAASKOEK
- Kors:
- 1 pakkie Tennisbeskuitjies, fyngekap
- 60 ml Milo
- 125 ml gesmelte margarien
- Vulsel:
- 2 x 250 ml geroomde maaskaas
- 1 blik kondensmelk
- 20 ml gelatien
- 30 ml koue water
- 100 ml kook water
- 250 ml room, verkoel
- 200 ml milo
- ekstra Milo, om oor te sif
Meng die kors bestanddele saam en druk vas om ‘n krummelkors te vorm in ‘n 23 cm tertpan.
Vulsel:
Klits die maaskaas en kondensmelk saam.
Sprinkel die gelatien oor die koue water.
Laat week tot sponserig en giet dan die kookwater by en roer tot opgelos.
Voeg by die maaskaasmengsel en meng deur.
Klits die room en Milo styf en vou by die kaasmengsel in.
Skep in die tertkors, sif Milo oor en verkoel oornag.