MILO BALLETJIES
Die was vir my vreeslik lekker!
- 1 pakkie Mariebeskuitjies
- 1 blik kondensmelk
- ½ koppie hawermout
- ½ koppie klapper
- 3 eetlepels kakao
- 5 eetlepels Milo
Breek Mariebeskuitjies in ‘n sakkie deur dit fyn te rol met ‘n koekroller.
Meng beskuitjie saam met die hawermout en klapper in ‘n mengbak en meng goed.
Voeg kakao en Milo by en meng goed.
Voeg blikkie kondensmelk by en meng tot alles mooi goed deur gemeng is.
Laat dit vir 30 – 60 min in yskas staan om op te ferm.
Smeer hande met botter.
Skep teelepels vol in jou hand om te rol en vorm balletjies.
Rol in klapper of Milo.
Plaas op in ‘n houer wat goed seël en geniet.
Nota:
Ek het so ongeveer ‘n halwe pakkie Mariebeskuitjies en ‘n halwe pakkie Tennisbeskuitjies gebruik, saam met so kwart koppie Rice Krispies, instede van een volle pakkie Marie-beskuitjies. Heerlik!
Resep en foto: Chantál Theron