Your Recipe Blog

MILLIONAIRES KARAMEL “BROWNIES”

MILLIONAIRES KARAMEL BROWNIES

  • 250 ml koekmeel
  • 250 ml kakaopoeier
  • 500 ml bruinsuiker
  • 2 ml sout
  • 375 ml gesmelte botter
  • 6 eiers

Bespuit ‘n oondvaste bak met kleefwerende kossproei en lê uit met bakpapier.
Voorverhit die oond tot 180°C.
Sif die koekmeel en kakao saam. Meng die suiker en sout saam met die meel.
Voeg die eiers en botter by die droë bestanddele. Meng goed.
Skep in voorbereide pan en bak 45 min lank tot gaar en toetspen skoon uitkom.

KARAMEL – MIKROGOLFOOND:

  • 20 ml botter
  • 85 ml witsuiker
  • 85 ml bruinsuiker
  • 85 ml kondensmelk
  • 85 ml gouestroop
  • 2 ml sout
  • 200 g donker sjokolade

Meng al die bestanddele saam (behalwe die sjokolade) en mikrogolf vir 5 min lank.
Roer na elke minuut.
Sodra koek gaar is, laat bietjie afkoel.
Keer die koek uit die pan en maak gate met die agterkant van ‘n houtlepel in die koek.
Giet karamel oor en sit in yskas om af te koel.
Smelt die donker sjokolade en giet bo-oor die karamel.
Verkoel.

Resep geplaas deur en foto:  Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page