MILKYBAR KAASKOEK
Resep en foto: Suenell Liebenberg
- Kors:
- 1 pak Tennisbeskuitjies
- 2 eetlepels margarien (of soos verkies)
- Vulsel:
- 240 g Milky bar
- 2 houers maaskaas/roomkaas (volroom is lekkerder)
- 1 blik kondensmelk
- 250 ml room
- 100 ml suurlemoensap
- 5 velle gelatien (1 eetlepel hoogvol)
- Bolaag:
- 1 boksie rooi kersies
- 1 pak kersie jelliepoeier
- 1 koppie kookwater
- 100 ml kouewater
- 2 eetlepels aarbei konfyt, opsioneel
- Druk die koekies fyn en meng met gesmelte margarien. Druk in “springform pan” vas as kors.
- Plaas die pan met die mengsel in die yskas om te stol. Sit die gelatienvelle in koue water.
- In ‘n dubbele koker, voeg die room en milkybar bymekaar. Smelt dit stadig oor kokende water. Haal die bak af sodra die sjokolade gesmelt is.
- Druk die water uit die gelatien en voeg by die warm sjokolademengsel, meng totdat die gelatienvelle opgelos is. Laat dit afkoel terwyl die res van die tert gemaak word.
- Maak volgende vir die bolaag:
- Meng die jelliepoeier in die kookwater totdat dit opgelos is en voeg hele boksie kersies by, asook die konfyt. Voeg die kouewater by, meng deur en laat die mengsel afkoel.
- Voeg die roomkaas, kondensmelk en suurlemoensap by en meng goed.
- Voeg die sjokolademengsel stadig by die roomkaasmengsel en meng goed deur.
- Giet die mengsel in die pan met die voorbereide kors (deur ‘n sif indien daar klonte is).
- Laat afkoel in yskas vir 20 min.
- Giet die kersie jelliemengsel stadig bo-op oor die agterkant van ‘n lepel sodat dit nie meng met die vulsel nie.
- Laat staan in yskas vir 3 ure of oornag sodat dit kan stol.

