Your Recipe Blog

MIKROGOLF WORTELKOEK

MIKROGOLF WORTELKOEK

Ek het die resep geplaas met die foto. Die versiersuiker is aangemaak met suurlemoensap. Ek het gou neute en rosyne opgesit, want die versiersuiker stol gou.
  • Beslag:
  • 250 ml koekmeel (1 koppie)
  • 5 ml bakpoeier
  • 5 ml koeksoda
  • 5 ml fyn kaneel
  • 2 ml sout
  • 200 ml bruinsuiker
  • 2 eiers, geklits
  • 180 ml kookolie
  • 5 ml vanilla geursel
  • 100 g pekanneute, gekap
  • 2 appels, gerasper
  • 50o ml wortels, gerasper
  • Versiersel:
  • 60 ml botter
  • 250 roomkaas
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 125 ml versiersuiker

Spuit ‘n mikrogolf pan en voer met bakpapier uit (ek het ronde mikro pan met gat in die middel gebruik en net goed gespuit, maar in die roomys bak het ek wel die bak uigevoer).
Sif die droë bestanddele saam in ‘n mengbak.
Klits die bruinsuiker, eiers, olie en geursel saam.
Voeg die res van bestanddele by en meng deur.
Skep in die voorbereide pan.
Plaas op omgekeerde piering in die mikrogolf en mikrogolf 14 min op hoog of tot die koek effens wegtrek van die kante van die pan.
Keer uit op ‘n draad rak en laat heeltemal afkoel.

Roomkaas versiersel:
Baie belangrik – Alle bestandele moet teen kamertempratuur wees.
Meng die botter en roomkaas baie goed met ‘n klitser.
Voeg die vanilla geursel by en meng weer goed.
Sif 125 ml versiersuiker bo-oor terwyl jy steeds meng tot mengsel glad is.
Versier die koek soos verkies.

Resep en foto: Georgie van Wyk

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page