MIKROGOLF SUURLEMOENSMEER
- 3 eiers
- 180 ml suiker
- 180 ml suurlemoensap
- 1 eetlepel suurlemoen skil, gerasper
- 125 g botter
Smelt die botter in so 30 sekonde sarsies in die mikrogolf.
Klits die suiker en eiers in ‘n diep mikrogolfbestande glasbak, so 2 tot 3 minute.
Voeg die gesmelte botter in ‘n straaltjie by terwyl jy klits.
Klits die sap en skil van die suurlemoene by.
Mikrogolf op volle sterkte vir so 30/35 sekondes op ‘n keer.
Klits goed sodra jy dit uit haal. Herhaal tot die smeer dik word. Behoort so 5 tot 6 keer te wees.
Laat afkoel en giet in skoon houertjies.
Dit behoort so 4 weke in die yskas te hou.
Notas:
Ek gebruik my elektriese handklitser.
Giet die smeer deur ‘n sif, net in geval daar ‘n klont in is. Myne het nog nooit klonte gemaak nie.
Ek gebruik regte botter, dit smaak net lekkerder.
Ek gebruik ook amper ‘n koppie sap, ek hou van die meer suur smaak.
Resep geplaas deur Elna Pinto
Foto: Elna Pinto