MIKROGOLF SOUSKLUITJIES MET GENOEG STROOP
My man het die resep op Maroelamedia ‘n tyd gelede gesien en kon dit nie uit sy gedagtes kry nie. Ons deel dit graag met julle. Ons het die sout aangepas en die water. En ons is nogal lus om volgende keer ‘n paar druppels suurlemoengeursel by te sit vir variasie.
- Stroop:
- 1 liter kookwater
- 375 ml suiker
- 15 ml botter
- 5 ml kaneel
- 2 ml sout
- Kluitjies:
- 2 koppies koekmeel (500 ml)
- 3 teelepels bakpoeier (15 ml)
- 2 ml sout
- 30 ml botter
- 2 eiers
- 125 ml melk
Bring stroop bestanddele tot kookpunt in ‘n mikrogolf bestande bak.
Sif die droë bestanddele van die kluitjies saam.
Vryf botter in die meelmengsel in.
Meng die eiers en melk en voeg by. Roer deur om ‘n deeg te vorm.
Skep eetlepels vol in kokende stroop. (Probeer vinnig werk.)
Maak deksel toe en kook by 100% krag vir 5 minute.
Laat staan 1 minuut sonder om die deksel te lig.
Bedien.
Resep aangepas en foto: Sharron Dianne van Eeden