Your Recipe Blog

MIKROGOLF SJOKOLADEKOEK ONDER 10 MINUTE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 6 minute + 2 minute per koeklaag

MIKROGOLF SJOKOLADEKOEK ONDER 10 MINUTE

Hierdie resep is my gunsteling, dit is altyd so mooi hoog en fyn binne, en nog vinnig ook.
2 lae-koek

  • 500 ml warm water
  • 90 ml kakao, gesif
  • 30 ml olie
  • 10 ml vanieljegeursel
  • 4 eiers
  • 500 ml koekmeel
  • 500 ml strooisuiker
  • 5 ml sout
  • 25 ml bakpoeier

Klop water, olie, vanieljegeursel en eiers saam.
Sif res van die bestanddele by en klits 30 sekondes met die hand.
Giet in twee gesmeerde 18 cm mikrogolfbak en mikrogolf elkeen op hoog vir 6 minute.
Laat staan vir 2 minute in die mikrogolf en verwyder.
Sny twee koeke in helftes.
Versier koek sodra afgekoel met ‘n ryk sjokoladeroom of botterversiersel.

  • Sjokoladeroom
  • 400 g bruin sjokolade
  • 200 ml room
  • Vulsel:
  • 200 g wit sjokolade
  • 100 ml room
  • 100 ml karamel, glad geklits

Verhit 200 ml room tot kookpunt.
Verwyder van hitte en roer bruin sjokolade by tot glad en glansend.

Vulsel:
Verhit 50 ml room tot kookpunt. Verwyder van hitte en roer wit sjokolade by tot glad en glansend.
Smeer koeklae met karamel, bruin sjokoladeroom en wit sjokoladeroom.
Versier koek met res van die bruin sjokoladeroom en wafelrolletjies.

Wenk:
Plaas handdoekpapier op die boom van ‘n mikrogolfbak om te keer dat die beslag vassit.
Verwyder kombuispapier dadelik as die koek uitgekeer word.
Gebruik ‘n 2 liter-roomysbak indien geen plastiek- of glashouer béskikbaar is nie.

Resep:  Louisa Rossouw Hollenbach
Foto:  Hannetjie Bezuidenhout – gewone botterversiersel gebruik met kakao in.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page