MIKROGOLF SJOKOLADE KOEK MET GANACHE EN VARIASIES
Hierdie is seker die maklikste en lekkerste koek wat ek nog in mikrogolf gebak het. Veerlig en klam en as jy eers hierdie resep gebruik, dan kan jy dit as basies gebruik vir enige ander koek om te bak, deur net seker bestanddele te vervang.
Vir mikrogolf van 600/650 watt is die tyd 7 – 8 minute en vir mikrogolwe met hoër watt 6 minute. Onthou die koek bak nog verder in die staantyd. Dis ook ‘n redelike slap deeg, maar dit is heeltemal reg dat dit so moet wees.
- 1 koppie koekmeel
- ¾ koppie suiker
- knippie sout
- 3 eetlepels kakao
- 2 teelepels bakpoeier
- 100 ml kookolie
- 2 eiers
- 1 koppie kookwater
Meng al die bestanddele en klits goed.
Smeer jou ringpan met bietjie water en olie.
Bak op hoog vir 7 – 8 minute in 600/650 watt mikrogolf. (6 minute in hoër watt mikrogolf)
Haal uit en laat staan vir 5 minute.
Gebruik gekookte kondensmelk of sagte versiersel bo-oor.
Variasies: Melissa Ann Vermeulen
Vir witkoek, laat die kakao uit.
Vir vlakoek, voeg 3 eetlepels vlapoeier by ipv kakao.
Vir granadillakoek, voeg blikkie granadillapulp by.
Vir lemoen/suurlemoenkoek, voeg net 200 ml kookwater en 50 ml lemoensap/suurlemoensap en gerasperde skil van lemoen/suurlemoen by.
Vir pynappelkoek, voeg die sap en pulp van ½ blik “crushed pineapple” by en 200 ml kookwater.
Jy kan jou verbeelding die loop laat neem met hierdie resep as basis vir nog lekker koeke.
Chocolate Ganache:
Warm up 250 ml cream. Remove from heat and add 2 x 100 g slab chocolate (milk or dark) and stir until melted. Then whisk. Spread on the cake.
Foto: Melissa Ann Vermeulen