MIKROGOLF MIELIERYS
- 1 ½ koppie mielierys
- 2 ½ koppie kookwater
- ½ teelepel sout
- 1 teelepel botter
Plaas die mielierys in ‘n sif en spoel dit af onder lopende water totdat die water skoon uit die rys vloei.
Plaas die mielierys in ‘n bak, geskik vir ‘n mikrogolf en voeg die kookwater en sout by.
Plaas die bak in die mikrogolf en kook vir ongeveer 20 minute op nr 8 sterkte en roer gereeld.
Wanneer die mielierys begin styf raak voeg die botter by en roer deur.
Bedek die mielierys en laat dit staan tot benodig.
Nota:
Hou maar dop tot julle dink die mielierys is dik genoeg na keuse.
Resep en foto: Marlene Minderon