MIKROGOLF MIELIEBROOD MET VARIASIE
Hierdie is ‘n heerlike mikrogolf broodjie, dit maak 1 groter broodpannetjie of 7 klein pannetjies.
- 1 blik room suikermielies
- 1 koppie mieliemeel
- 1 koppie koekmeel of gluten-vrye koekmeel*
- 2 eiers
- ¾ koppie suiker of meer indien verkies
- ½ koppie melk
- 3 teelepels bakpoeier
- sout
Vir een groter broodjie:
Meng alles saam en sit in ‘n gespuite mikrogolf bak.
Sit mikrogolf op “hoog” vir so 10 minute onbedek. Laat staan vir 5 minute met deksel op.
Ek gebruik die bak met die knop in die middel (bunt pan) dan bak dit eweredig.
Vir 7 klein broodjies:
Mikrogolf al die pannetjies gelyk vir 7 minute. Laat staan vir 1 minuut.
Indien nodig sit weer aan vir 30 sekondes.
Nota:
Op die eerste baksel was my pannetjies te vol, 3 eetlepels deeg, en 7 minute het hom steeds effe rou gelaat in die middel. Dit het ook oorgekook en lekker gemors op die glas bord.
Ek het 1 teelepel deeg uit elke pannetjie uit geskep vir tweede baksel.
Dit was heerlik sag en het nie oorgekook nie. Lig en smaaklik en gaar tot innie middel.
Variasies:
*Ek het 1 vol grootte mieliebrood gedoen met gewone meel.
1 baksel van 7 mini “loafs” met gluten vrye koekmeel gedoen.
Mieliemeel het steeds gluten in so dit is nie heeltemal gluten vrye mieliebrood nie.
Bedien warm as bykos by ‘n braai.
Resep: Alida Stander