MIKROGOLF MIELIEBROOD MET KAAS
Resep aangepas en foto: Amanda Austen
- 1 blikkie roommielies (Sweetcorn)
- 15 ml olie
- 2 eiers
- 15 ml suiker
- 500 ml bruismeel
- 5 ml sout
- 250 ml gerasperde Cheddar kaas
- gerasperde kaas om bo-oor te strooi
- Meng die mielies, eiers, olie en die kaas saam.
- Voeg by mieliemengsel die bruismeel, sout en suiker. (Voeg klein bietjie melk by as mengsel te droog is). Meng goed deur.
- Bespuit ‘n mikrogolf ringpan of enige geskikte pan met kleefwerende kossproei.
- Skep die deeg in die pannetjie, en sprinkel die kaas oor.
- Mikrogolf vir 7 – 10 min lank tot gaar.
- Laat afkoel en keer brood uit.
Category:














Hierdie resep is ‘n wenner in ons huis! Maak al om die naweke beurte tussen hierdie broodjie en braaibroodjies as ons braai. Daar bly niks van die outjie oor in ons huis 🙂