MIKROGOLF MIELIEBROOD IN JELRING
- 500 ml bruismeel
- 2 teelepel sout
- 1 teelepel olie
- 1 teelepel suiker
- 2 eiers
- 1 blik geroomde suikermielies
- ½ koppie melk
Meng die droë bestanddele. Klits die eiers en voeg blik suikermielies en melk by die eiers en meng.
Voeg die eiermengsel dan by die meelmengsel en meng goed.
Smeer die tupper jelring goed met margarien en strooi paprika ooral in die ring sodat dit aan die margarien vassit.
Giet dan die mengsel in die ringpan en sit vir 9 minute op 70% en dan vir 5 min op 100% in die mikrogolf.
Nota:
Dit kan in die oond gebak word op 180°C vir ongeveer 45 min in ‘n gesmeerde oondbak.
Resep geplaas deur Joyce Geers Minnaar
Foto: Joyce Geers Minnaar