MIKROGOLF MELKTERT MET KONDENSMELK
Gebruik die kondensmelk blikkie om mee af te meet.
-
1 blikkie kondensmelk
-
1 blikkie water
-
2 blikkies melk
-
4 eiers
- 6 eetlepels Maizena
- tertkors van jou keuse, ek het klaargekoopte tertkors gebruik
- kaneel, om oor te strooi
Meng die bestanddele buiten die kors en kaneel goed en kook 3 keer vir 5 minute op hoog, roer na elke 5 minute.
Skep mengsel oor tertkors, strooi met kaneel en laat heeltemal koud word.
2 nd Photo: Florina Adams
Thank you for sharing. This recipe is great as a topping for milktart cupcakes.
Ek sit 5ml vanilla essence by en ook verander ek die 6 eetlepels maizena na 3 custard poeier en 3 maizena. Die resultaat is heerlik.