Your Recipe Blog

MIKROGOLF MARMELADE

MIKROGOLF MARMELADE

Hierdie resep kom uit Annette Human se Mikrogolf Wenners.

  • 2 middelslag lemoene
  • 2 middelslag suurlemoene
  • 2 middelslag pomelo’s
  • 1 liter water
  • 2 kg suiker
  • klontjie botter of margarien
Was en skil die lemoene, suurlemoene en pomelo’s dun met ‘n groenteskiller af. Sny die skil met ‘n skerp messie in dun repies en plaas dit in ‘n diep 3,5 liter mikrogolf bak. Voeg die water by, bedek en mikrogolf 10 minute of tot sag by 100% krag.
Halveer die res van die afgeskilde vrugte en druk die sap uit. Giet die sap deur ‘n sif en behou sowel die sap as die pitte. Sny die uitgedrukte vrugtehelftes in stukkies. Voeg die pitte hierby en bind dit in ‘n stuk moeselien toe. Voeg die vrugtesap en die moeseliensak by die water en skilmengsel. Laat die mengsel ‘n uur staan.
Bedek die bak met kleefplastiek.
Mikrogolf 30 minute by 100% krag.
Haal die moeseliensak uit,hou dit in ‘n vergietes oor die sapmengsel en druk soveel moontlik sap daaruit. Gooi die sak weg.
Voeg die witsuiker en botter of margarien by en meng goed.
Mikrogolf die mengsel ongeveer 30 minute oop by 100% krag en roer aan die begin elke 5 minute totdat al die suikerkorrels gesmelt het. Begin dit na 25 minute te toets of dit dik genoeg is,deur ‘n teelepelvol van die stroop op ‘n yskoue piering te skep en dit vinnig in die vrieskas te verkoel. As jy die koue stroop met jou vinger stoot, moet dit fyn plooitjies voor jou vinger vorm. As die konfyt nog te dun is, mikrogolf dit ‘n verdere 2 minute en toets weer.
Laat die marmelade ‘n rukkie afkoel. Skep dit in droë, gesteriliseerde flesse. Plaas ‘n stukkie waspapier bo-oor en draai die deksels styf vas.

Resep geplaas deur en foto: Gregor Jordaan
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page