MIKROGOLF KORSLOSE MELKTERT
Hierdie mikrogolf melktert is baie lekker, maar verdubbel die beslag vir ‘n groot tertbak, of gebruik ‘n klein tertbakkie.
- ½ koppie suiker
- ½ koppie koekmeel
- 2 eiers
- 2 koppies koue melk
- 1 teelepel bakpoeier
- 1 hoogvol eetlepel botter
- knippie sout
Room botter, suiker en eiergele. Voeg droë bestanddele om die beurt met die melk by.
Klits eierwitte styf en voeg by. Giet in ‘n gesmeerde tertbak.
Plaas in mikrogolf op omgekeerde piering.
Bak vir 8 – 10 min op hoog.
Strooi kaneel oor wanneer gaar.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto: Adam Cloete