MIKROGOLF GEMMERPOEDING
- 125 g margarien
- ¾ koppie bruinsuiker
- ¾ koppie melk
- ½ teelepel sout
- 1 eetlepel appelkoos- of perske konfyt
- 1 koppie koekmeel
- ¾ eetlepel koeksoda (dis reg, eetlepel)
- 5 ml vanilla geursel
Meng bogenoemde bestanddele saam tot slap deeg.
Skep in gesmeerde mikrogolf bak.
Maak die volgende sous.
- Sous:
- 2 koppies kookwater
- 2 teelepels gemmer
- 1 koppie wit suiker
Meng die bestanddele saam tot gesmelt en gooi liggies oor die deeg (meer aan die kante van die bak, sodat die poeding nie vol gate met sous binne-in is nie.
Sit “glad wrap” of deksel van bak op.
Bak 12 minute op hoog in mikrogolf, verkieslik op omgekeerde piering.
Bedien saam met room, roomys of dun vla.
Resep geplaas deur Wanda Botha
Foto: Elsabie O’Neill Ackerman
Very nice
Heerlik!!
Dis nou lekker!