MIKROGOLF BROWNIES
Vir die wat net ‘n mikrogolf tot hul beskikking het… jy kan ook brownies bak!
- 2 eiers
- 190 ml suiker
- 125 ml gesmelte botter/volvet margarien
- 5 ml vanilla geursel
- 2 ml sout
- 190 ml koekmeel
- 45 ml kakao
- 125 ml klapper
- versiersuiker, opsioneel
Klits eiers, suiker, botter, vanilla geursel en sout saam.
Sif die koekmeel, kakao en klapper by.
Skep in ‘n vierkantige mikrogolf bak en plaas in mikrogolf vir 6 – 7 minute op hoog.
Laat behoorlik afkoel en sny in blokkies.
Sprinkel versiersuiker liggies oor indien verkies.
Resep en foto : Gillian Vermeulen
Foto’s 2 en 3: Zita Harber