Your Recipe Blog

MIKROGOLF BESKUIT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 14 minute per bak

MIKROGOLF BESKUIT

  • Meng die volgende saam en sit eenkant:
  • 1 kg bruismeel
  • 15 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 750 ml Muesli met sultanas, neute en vrugteblokkies
  • 500 ml semels
  • 250 ml sonneblomsaad
  • 250 ml rosyntjies
  • Meng die volgende en mikrogolf tot margarien gesmelt is:
  • 500 g Stork Bake
  • 500 ml sagte bruin suiker
  • Meng by:
  • 1 liter Maas
  • 2 ekstra groot eiers, geklits

Meng die maasmengsel by die droë bestanddele in tot goed gemeng.
Verdeel in 4 x 2 liter roomys bakke vooraf gespuit.
Plaas elke bak op ‘n karton eierhouer in die mikrogolf vir 14 min op 70% krag.
Koel af in houers, sny oor breedte jou beskuite.
Pak op rakkie in die oond en droog.
Droog by 100°C in oond.
Dis regtig baie lekker.

Nota:
Die lekker van die mikrogolf beskuit is dat die sultanas nie hard bak nie, ook die ander vrugte blokkies in die muesli bly sag en koubaar.

Resep: Rita Mouton
Foto: Meyer Combrinck‎

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page