MIKROGOLF AARBEITERT
- 200 g Tennisbeskuitjies, grof gekap
- 375 g malvalekkers
- 1 groot houer aarbei jogurt
Bespuit ‘n glasbak met kleefwerende kossproei.
Strooi die Tennisbeskuitjies in die glasbak en mikrogolf vir 45 sekondes.
Druk die koekies plat in die glasbak. Sit die bak met krummels in die yskas.
Meng die jogurt en malvalekkers.
Mikrogolf 7 min lank tot gesmelt, roer goed na elke minuut.
Giet bo-oor die beskuitjies. Laat stol.
Bedien met aarbeie en room.
Resep en foto: Amanda Austen