MIELIETERT VIR DIE OOND OF OP DIE VUUR
- 1 koppie mieliemeel
- 1 ¾ koppie melk
- 4 eiers, geskei
- 2 eetlepels suiker
- ½ teelepel sout
- ¼ teelepel swart peper of peper van jou keuse
- 2 eetlepels broodmeel
- 1 eetlepel olyfolie
- 2 koppies gevriesde of 1 blikkie heel mielies
- 2 eetlepels gekapte roosmarynblare
- 1 ½ koppie gerasperde Cheddarkaas
- 1 koppie koue vleis stukkies of gebraaide bacon, van jou keuse (opsioneel)
Meng die mieliemeel en melk in ‘n kastrol tot dit ‘n gladde tekstuur het. Verhit dit stadig tot dit dik en stomend is terwyl jy aanhou roer vir 5 tot 10 minute. Verwyder van die hitte. Meng die eiergele met die suiker, sout en peper en roer dit deur die mieliemeel mengsel saam met die broodmeel en olie. Voeg die roosmaryn, mielies, vleisstukkies en helfte van die kaas by.
Klits die eierwitte styf en vou dit by die beslag in. Skep oor in ‘n oondvaste bak of no 2 potjie en strooi die res van die kaas bo-oor.
Plaas die bak onbedek in die oond en bak vir 35 minute by 180ºC tot goudbruin bo-op en effens opgepof, of krap ‘n opening in jou kole, plaas die potjie daarin, bedek dit en plaas kole bo-op die deksel, soos wanneer jy ‘n potbrood sal bak.
Resep geplaas deur Adrian Olivier
Foto: Adam Cloete