MIELIERYS IN DIE MIKROGOLF
Die vergete lekkerste lekker rys.
Mielierys in fyngemaalde mielies en lyk amper soos rys. Ek vermoed dat dit met die koms van rys en pasta produkte in onbruik geraak het en ook daaroor moeilik is om suksesvol op stoof gaar te maak sonder dat pot oorkook of aanbrand voor die rys gaar is. Mielierys is egter steeds oral beskikbaar en baie goedkoper en is vir my lekkerder as enige rys of pasta.
Die tradisionele resepte het min of meer soos volg gelees. Kook een koppie in die koppies water vinnig vir ongeveer 12 tot 15 minute. Spoel dit dan in ‘n sif onder lopende kouewater af. Plaas terug in die kastrol en voeg net genoeg warm water by om die rys te bedek sodat daar ongeveer 5 mm water bokant die rys is. Sprinkel 10 ml sout oor en plaas met ‘n deksel terug op medium hitte om sag te stoom. Moenie roer nie. Braai spek en ui in die braaipan net net gaar en meng dit liggies deur die gaar mielierys, saam met die vars gesnipperde pietersielie.
Vanweë my liefde vir die rys en moeg potte geskrop en stoofblad skoonmaak het ek met die mikrogolf begin eksperimenteer aangesien ek toe geen so ‘n resep kon naspeur nie. Die foutlose eindresultaat is die volgende:
- 1 koffiebeker mielierys
- 3 bekers water of 2 water en een melk, afhangend van smaak
- 2 lepels botter, na eie smaak
Neem ‘n groot Pyrex bak en smeer die boonste 1 cm met margarien sodat rys nie later oorkook.
Plaas die beker mielierys in ‘n kombuissif en spoel baie goed af en keer dit uit in ‘n glasbak.
Voeg dan hierby of water of water-en melkmengsel, afhangend van smaak.
Kook dan 20 minute op hoog in die mikrogolf, laat rus en klaar uitswel en afkoel.
Die bedryf lyk dan soos oats pap wat koud geword het.
Neem ‘n groot vurk en roer goed deur met een of twee lepels botter na eie smaak.
Verhit vir ‘n verdere 4 minute op hoog en meng weer deur en dien dan op.
Resep en foto: Abri van Vuuren Nuut