Your Recipe Blog

MIELIEPAPHAPPIES OP DIE KOLE

MIELIEPAPHAPPIES OP DIE KOLE

Ek en vroulief het vir ‘n oudurfie hierdie lekker gebraaide mieliepap happies oppie kole gedoen en dit was djeeeeeeeerlik

  • 1 koppie mieliemeel
  • 500 ml water
  • 2 eetlepels botter
  • 1 koppies gerasperde kaas
  • sout en peper na smaak
  • 2 eetlepels Italiaanse kruie
  • 1 teelepel knoffelvlokkies

Neem die mieliemeel en water, plaas in ‘n pot op die stoof en prut omtrent vir 45 minute.
Roer die botter en gerasperde Cheddar kaas by.
Voeg speserye soos sout en peper na smaak by.
Voeg die Italiaanse kruie en knoffelflokkies by en meng goed deur.

Skep die pap op ‘n gespuite bakplaat oop sodat dit omtrent 5 mm eweredig versprei is.
Laat dit afkoel tot kamertemperatuur en sny dit in happie groottte blokkies.
Braai die blokkies op die kole op ‘n rooster tot lekker krakerig.

Om te bedien:
Besprinkel met ‘n lagie “Sweet chillie” sous, sit ‘n stukkie salami en ‘n stukkie bloukaas bo-op en geniet.
Sjoeeee dit was ‘n piekante happie wat skrik vir niks.

Resep en foto:  Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page