Your Recipe Blog

MIELIEPAP VLEISGEREG

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 min

MIELIEPAP VLEISGEREG

  • 4 koppies water
  • 2 koppies mieliemeel
  • 1 ui
  • knoffelvlokkies na smaak
  • 500 g maalvleis
  • 1 ½ koppie tamatiesous
  • braaivleis speserye na smaak
  • 3 eiers
  • 1 koppie melk
  • tamatie, in skywe gesny
  • kaas na smaak
  • botter
  • sout en peper

Maak pap met die water, mieliemeel en sout . Meng en kook stadig tot gaar.
Braai ui fyn gesny in bietjie olie tot lig bruin.
Voeg knoffelvlokkies na smaak by.
Voeg maalvleis, speserye en tamatie sous by.
Prut 10 min.
Meng die pap met die maalvleismengsel en skep in ‘n gesmeerde bak.
Sprinkel gerasperde kaas bo-op. Pak tamatieskyfies bo-op.
Klits eiers met melk. Strooi oor tamatieskyfies. Stip met stukkies botter. Sout en peper na smaak.
Bak by 180ºC vir 30 min.
Baie lekker saam slaaie.

Resep en foto: René de Bruin

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page