MIELIEMEEL PAPTERT
- 1 koppie mieliemeel
- 2 koppies kokende water
- sout
- 2 teelepels botter
- 4 eiers
- 1 koppie melk
- 1 blikkie roommielies
- ½ koppie gerasperde kaas
- 10 ml bakpoeier
Meng die mieliemeel, kookende water, sout en botter en laat staan ‘n rukkie.
Klits eiers en melk, voeg roommielies by en meng deur.
Meng die mieliemeelmengsel en eiermengsel saam.
Meng die kaas by en laaste die bakpoeier. Meng goed deur.
Skep in ‘n gesmeerde oondbak en bak by 180ºC vir ‘n uur tot gaar en dit ‘n mooi kleur bo-op het.
Resep en foto: Isabella Ronelle Conradie Fourie