MIELIEBROOD
- 1 koppie karringmelk/maas
- 2 jumbo eiers
- 1 eetlepel sout
- 1 blik roommielies
- 1 blik heelpit mielies, gedreineer
- ½ bossie groenuie, fyngekap
- 2 koppies sterk Cheddar kaas, gerasper
- 4 koppies bruismeel
Voorverhit die oond na 180°C.
Meng die karringmelk/maas en die eier.
Voeg die sout by en meng.
Voeg al die mielies by en meng.
Voeg die uie en kaas by en meng.
Meng die meel 1 koppie op ‘n slag by en meng goed deur.
Giet in ‘n gesmeerde broodpannetjie.
Bak vir 75 minute tot gaar en bruin.
Foto en resep: Wayne Dugmore
Ek het so ‘n vermoede dat hierdie brood ekstra lekker sal wees met stukke blou kaas wat bo op ingedruk is, en dan besprinkel word met songedroogde tamatie, paprika en rooipeper!