Your Recipe Blog

MIELIEBROOD – MIKROGOLF OF OOND

Recipe by
Cook: 7 minute | Servings: 1 brood

MIELIEBROOD – MIKROGOLF OF OOND

  • 60 g botter, gesmelt
  • 60 ml witsuiker
  • 2 eiers
  • 250 ml (1 koppie) melk
  • 250 ml (1 koppie) mieliemeel
  • 250 ml (1 koppie) koekmeel
  • 15 ml bakpoeier
  • 3 ml sout
  • ½ blikkie (225 ml) geroomde suikermielies

Meng die botter, suiker en eiers saam in ‘n mengbak, voeg die melk by en meng goed deur.
Sif die mieliemeel, koekmeel, bakpoeier en sout saam.
Voeg die meelmengsel en mielies by die bottermengsel en roer goed deur.
Skep die deeg in ‘n gesmeerde mikrogolf-ringpan.
Plaas die ringpan op ‘n omgekeerde piering in die mikrogolfoond en mikrogolf vir 7 minute op hoog (100% krag).

Notas:
Elize Bradbury
Die mieliebroodjie kan ook in ‘n gewone oond gebak word vir ±1 uur by 180°C.

Brunhilda Venter
Vir die broodjie op foto 1, het ek die resep dubbel aangemaak.

Deleen Venter Loker
Ek verdubbel die resep en sit een blik roommielies en een blik van die “whole kernel corn” by… ook baie lekker.

Resep en foto 2: Elize Bradbury
Foto 1: Brunhilda Venter

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page