MIELIEBROOD MET MIELIEMEEL
- 150 ml mieliemeel
- 550 ml koekmeel
- 25 ml bakpoeier
- 15 ml suiker
- 2 ml sout
- 450 ml melk
- 80 ml olie
- 3 eiers
- 410 g blik mieliepitte, gedreineer
Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer en voer ’n broodpan uit.
Sif die droë bestanddele saam.
Klits die melk, eiers en olie saam.
Voeg die melkmengsel en mieliepitte by die meelmengsel en meng liggies.
Skep die mieliemengsel in ‘n voorbereide klein broodpannetjie en bak vir ongeveer 1 uur.
Resep: Johnny Steyn
Foto: Nicolette van Jaarsveld