MIELIEBLOM SOESIES
Ek het ‘n resep probeer Eintlik choux pastry.
- 250 ml water (1 koppie)
- 125 g botter of margarien
- 100 g koekmeel (⅔ koppie)
- 50g Maizena (⅓ koppie)
- 2 ml sout (½ teelepel)
- 4 ekstra groot eiers
Verhit die water en botter of margarien tot kookpunt.
Sif die koekmeel, Maizena en sout saam en voeg dit alles tegelyk by die kokende bestanddele.
Klop dit vinnig met ‘n houtlepel totdat die deeg nie meer aan die kastrolwand vaskleef nie en ‘n bal vorm.
Sprei die deeg op ‘n bord oop en laat dit ‘n rukkie afkoel.
Plaas dan in ‘n mengbak of voedselverwerker en klits die eiers een vir een by.
Nadat die laaste eier bygevoeg is, meng tot die deeg glansend is.
Skep die deeg in ‘n spuitsak en spuit ‘n entjie uitmekaar op ‘n gesmeerde bakplaat.
Bak dit 10 minute by 200°C en verhoog dan temperatuur tot 220°C vir nog 10 minute.
Steek elkeen dan met ‘n toetspen. Laat koel af op ‘n draadrakkie.
Nota:
Jy kan ‘n bietjie kaas by die rou deeg rasper. Dit maak baie poffertjies. Ons het reeds die helfte opgeëet. Is heerlik met hoenderlewer patee.
Ek het ‘n foto geneem om te wys dat dit hol is binne. Mens kan ‘n roomkaas vulsel inspuit binne as jy kaas bygevoeg het by die beslag of, versoete room of Karamel inspuit as dit gemaak is sonder kaas in die beslag.
Resep geplaas deur Leonore Badenhorst
Foto: Leonore Badenhorst