MIELIE STOKWORSIES MET KAAS
Lewer 12 tot 16 stokworsies afhangende van hoe groot die worsies is. Die woord ‘mielie’ het nie hier te doen met ‘n bestanddeel in die resep nie, maar met die voorkoms van die finale produk. Name wat ook met hierdie resep geassosieër kan word of verwant is daaraan, is Jantjies, Sputniks, Corndogs, ‘Hond op ‘n stok’, Yankees.
- Deeg:
- 2 koppies koekmeel
- 1 teelepel bakpoeier
- 2 eiers
- 1 teelepel sout
- peper na smaak
- 2 koppies melk (of pas aan soos benodig vir ‘n slapperige deeg, maar nie te slap nie)
- “cheese griller” worsies
- velletjies kaas
- sosatiestokkies
Ryg worsies deur sosatiestokkies en sit velletjie kaas om elke worsie. Vries vir sowat 20 minute sodat kaas lekker kan klou.
Meng deeg bestanddele saam om bruikbare deeg te vorm.
Haal worsies uit vrieskas en doop in deeg. Gebruik sommer ‘n lang glas om deeg in te sit, dan bedek dit die hele worsie wanneer daarin gedoop word.
Plaas in warm olie vir paar minute tot bruin.
Bedien netso of met tamatiesous of mosterd om in te doop.
Resep: Nikki Coetzee
Foto: Amanda Conradie
Plasing: Elize de Kock