MIELIE PLAATKOEKIE POFFERTJIES
Lekker mielie plaatkoekie-poffertjies gemaak vir kleingoed vanaand.
- Meng die volgende saam en hou eenkant:
- 1 koppie koekmeel
- 1 teelepel bakpoeier
- knypie sout
- 1 eetlepel suiker
- Meng die volgende saam:
- 1 eier
- 6 eetlepels melk
- 4 eetlepels water
- 2 eetlepels olie
- 1 blik suikermielies
- Eksta:
- olie vir vlak braai
Meng vloeistofmengsel en voeg by die meelmengsel, meng net tot goed gemeng is.
Voeg mielies by en meng goed deur.
Skep lepels vol in warm pan met klein bietjie warm olie, nie te warm, dan raak die plaatkoekies te vinnig donker.
Draai een keer om en sodra gaar, haal uit en pak op kombuispapier.
Nota:
Kleingoed gaan lekker smul in hul kosblikke.
Resep geplaas Sophia Lindeque
Foto: Loraine Groenewald Roelofse