Your Recipe Blog

MIDDEL VAN DIE MAAND NOEDELSLAAI

MIDDEL VAN DIE MAAND NOEDELSLAAI

Dis middel van die maand en al die lekker goedjies is al opgeëet. Daar lê nog ‘n paar varktjops in die vrieskas en ‘n pakkie wors, so ‘n man kan braai. Wat eet ons daarby? Krap in die kas en daar is darem nog ‘n blikkie uie en tamatiemengsel, ‘n pakkie Minestrone sop en baie pasta. Dan dink mens maar ‘n reseppie uit.

  • 1 pak pasta van keuse, gekook tot net gaar, afgespoel en gedreineer
  • Sous:
  • 1 blikkie uie en tamatiemengsel
  • 1 pakkie Knorr Minestrone soppoeier
  • ½ koppie suiker
  • 1 teelepel kerriepasta of kerriepoeier
  • 1 teelepel droë gemengde kruie
  • 1 teelepel fyn knoffel
  • 1 teelepel olie
  • paar draaie varsgemaalde swartpeper
  • 1 koppie water
  • ½ koppie goeie gehalte tamatiesous
  • 4 eetlepels mayonnaise

Kook die eerste 9 sousbestanddele saam oor baie lae hitte vir omtrent 10 minute. Roer die gaar pasta by, en kook deur vir omtrent 2 minute. Roer dan die tamatiesous deur en dan die mayonnaise. Laat afkoel en plaas dan in die yskas om koud te raak. Roer deur voor opdiening.

Nota:
Jy kan nou enige iets byvoeg, na smaak.
Gekapte groensoetrissies sal ook lekker hierby wees, asook stukkies gebraaide spek. Maar dit moet wag tot die einde van die maand!
Ek reken hierdie slaai sal nog lekkerder wees die volgende dag na dit bietjie getrek het.

Resep en foto: Louise Groenewald

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page