Your Recipe Blog

MICHELLE SE TUNAPASTA

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 min.

MICHELLE SE TUNAPASTA

Resep geplaas deur Michelle Joubert
Foto en aangepas deur Adam Cloete
Dit is heerlik en ook een van daardie wat jy maar na jou smaak kan aanpas. Myne het net bietjie te veel pasta ingehad, maar ek kla nie.

  • 1 blikkie tuna
  • 1 klein gekapte ui
  • 250 g gekapte sampioene
  • 1 gekapte soetrissie (kleur van jou keuse of dieselfde hoeveelheid gemeng)
  • 1 blikkie heelpit mielies of dieselfde hoeveelheid gevriesde mielies
  • 1 blikkie tamatiesmoor
  • ± 125 g gekookte noedels
  • sout en peper na smaak
  • Braai die uie, soetrissies en sampioene tot sag en voeg die tuna, mielies, tamatiesmoor, sout en peper by.
  • Laat nog ‘n paar oomblikke liggies prut sodat die tamatiesmoor goed deurwerk.
  • Voeg die gekookte noedels by en meng alles goed deurmekaar.
  • Kaassous:
  • Smelt 2 eetlepels botter of margarien in ‘n kastrol en roer twee eetlepels meel daarby.
  • Roer vinnig tot goed gemeng oor lae hitte en voeg melk by terwyl jy aanmekaar roer tot jy die verlangde dikte sous bereik.
  • Meng ‘n ½ koppie gerasperde Cheddarkaas daarby en meng goed deurmekaar. Haal van die hitte af en roer een eier daarby.
  • Plaas die tunamengsel in ‘n oondvaste bak en giet die kaassous daaroor.
  • Bak by 180ºC vir 20 minute. Strooi nog bietjie kaas bo-oor en rooster tot die kaas gesmelt is en goudbruin is.

Njam! Almal geniet dit baie! My dogtertjie is 2 en sy eet 2 bakkies op!

Nota: Dorea Fischer – Michelle se Tunapasta op jul page is ‘n GROOT wenner in my huis vanaand. Almal sê die mielies maak dit!
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page