Your Recipe Blog

MICHELLE SE GEVULDE CALAMARI BUISE

MICHELLE SE GEVULDE CALAMARI BUISE

  • Calamari buise
  • Vulsel:
  • 150 g spek stukkies
  • 125 g garnale
  • 3 eetlepels sprietui roomkaas
  • ¼ koppie heelpit mielies

Maak die spek en garnale gaar soos jy daarvan hou.
Meng alle gaar bestanddele saam en vul die calamari buise.
Plaas in ‘n oondbak en bak teen 180 °C vir so 40 minute.
Draai elke nou en dan sodat dit nie uitdroog nie.
Bedien saam geroosterde Portuguese rolletjies wat met basilie pesto gesmeer is, geroosterde kersie tamaties en bietjie Gouda kaas bo-oor gerasper.

Resep en foto: Michelle Pieterse

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5