MEYER SE VINNIGE HAPPIES
Ideaal vir kosblik, laatmiddag versnapering, onthaal, padkos.
- 1 koppie bruismeel
- 100 ml olie
- 200 ml maas/karringmelk
- 1-2 eiers
- sout en peper na smaak
- vulsel van jou keuse, redelik klein/fyn opgesny bv. tuna, gaar maalvleis of boerewors stukkies, gerasperde kaas, gaar hoender of spek, gebraaide uie of groente, roomkaas – die opsies is eindeloos
Klits alles behalwe vulsel deeglik saam.
Spuit klein muffin pannetjies met kos sproei.
Skep 10 ml deeg in elke holte.
Skep 5 ml vulsel bo-op die deeg.
Skep nog 5 ml deeg bo-op die vulsel.
(My plastiek 5 ml maatlepel werk perfek hiervoor)
Sprinkel fyn biltongpoeier, paprika of kaas bo-oor (opsioneel, afhangende wat jou vulsel is)
Bak teen 180 – 200ºC vir so 15 – 20 min, hou dop tot lekker bruin bo-op.
Nota:
Iindien jy papier cupcake bakkies gebruik, kom dit effens olierig uit. Pas resep aan soos nodig.
Resep en foto: Meyer Combrinck












