Your Recipe Blog

MEYER SE TUNA-EN-CHEDDARS QUICHE

Cook: 45 minute

MEYER SE TUNA-EN-CHEDDARS QUICHE

  • 1 groot ui, in repies gekerf
  • 1 blikkie tuna, in olie
  • 200 ml gaar rys van jou keuse (ek het oorskiet bruin-wilderys-lensie-mengsel gebruik)
  • 2 eetlepels mayonnaise
  • 3 teelepels soppoeier van jou keuse (ek het bruinuie gebruik)
  • 2 pakkies Mini Cheddars, grof gebreek (ek het kaasgeur gebruik)
  • 6 eiers
  • 1 wiel Fetakaas, grof gebreek
  • 100 ml gerasperde kaas
  • 100 ml melk
  • sout en peper, na smaak
  • ekstra gerasperde kaas, na smaak, opsioneel
  • paprika/kerriepoeier, opsioneel

Braai uie repies in skeut olie tot ligbruin.
Meng intussen tuna en rys, dat rys die olie absorbeer.
Voeg mayonnaise, soppoeier en beskuitjies by.
Wanneer uie gaar is, meng by.
Meng die eiers, melk en kase in aparte bak.
Voeg eiermengsel by tunamengsel en meng.
Voeg sout en peper na smaak by.
Giet in gespuite oondvaste bak.
Sprinkel ekstra kaas bo-oor, opsioneel.
Sprinkel met paprika/kerriepoeier, opsioneel.
Bak teen 160 – 180ºC tot ligbruin bo-op en eiers gaar is, myne was in vir ± 45 minute.
Laat effens afkoel in die bak voor bediening.

Geniet!

Resep en foto: Meyer Combrinck

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page