MEYER SE PAP EN BILTONG OPELET
‘n Opelet is ‘n omelet wat nie toegevou word nie.
-
3 eiers
-
vet/botter
-
1 koppie klaar gaar putu-pap
-
2 teelepels poeier biltong
-
gerasperde kaas
-
sout en peper
Smelt genoeg vet/botter in ‘n pan.
Breek eiers in die pan, roer liggies.
Versprei pap eweredig oor die eiers, druk effens in.
Sprinkel biltong eweredig oor die pap, druk effens in.
Bak oor LAE hitte met deksel op, tot gaar – LAE TEMPERATUUR.
Indien verkies, draai om net om seker te maak eiers is deurgaar.
Draai weer om, sprinkel kaas oor om te smelt.
Garneer met sout en peper.
GENIET!
Foto en resep: Meyer Combrinck